Welkom by / Welcome to:
Saarkie Stories
Boekwinkel in Afrikaans
Maan-Vry / Mon-Fri: 10AM - 3PM, Sat: 10AM-12PM.
59 Paul Matthews Road, Unit 8, Rosedale, Albany
info@saarkiestories.co.nz - 027 277 2081 / 027 524 0383
Boekwinkel / Book shop:
Lees is soveel meer as ‘n goed georganiseerde alfabet op papier met ‘n vinger wat blaai. Lees is die goedkoopste kaartjie na ‘n wêreld toe waar jy nie eens deur sekuriteit moet gaan deur ‘n doane oorsee nie. Lees kan jou vervoer na ander werelde, romanse, selfs leer om asemrowende resepte te bemeester. Lees gebruik ons elke dag, en dis lekker!
NUUT op die rak:
Rebakka van Kameeldoornplaas
- IRMA JOUBERT
Getoë as ’n kampkind tydens die Anglo-Boereoorlog, word Rebekka as arm bywoner groot op Kameeldoornplaas, wat aan die ryk Wright-familie behoort. Bekkie is ’n skrander leerling, lief vir skool en haar boeke. Toe sy noodgedwonge die skool verlaat om na die Wrights se dogtertjies te kyk, dink sy dis tydelik. Maar haar versukkelde, verminkte pa “verkoop” haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind. Gelukkig is prof. Wright die leergierige Bekkie goedgesind. Onder sy leiding verbreed haar kennis oor alles van Britse kookkuns tot wêreldpolitiek. Dis hier waar haar oë oopgaan. Dis ook hier waar sy die professor se broerskinders, Richard en David, bevriend. Maar oorlog broei op die horison en die noodlot is nog lank nie klaar met Rebekka nie. Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? Is sy regtig die jong dame van die herehuis in Oxford? Wat dan van die kaalvoet kind van Kameeldoornplaas?
AANKOOPSKAKEL: $42.00
Geskenkbewyse:
Koop aanlyn wêreld-wyd, en epos die kode aan die ontvanger om te gebruik aanlyn. Geldwaarde word behou.
Gift Vouchers:
Purchase worldwide and use your
emailed code.
Newsletter / Nuusbrief
Signup and be 'in the know' for our monthly newsletter, new arrivals and occasional discounted deals on books!
Teken in op ons maandelikse nuusbrief, nuwe boekies en periodieke aflsag op boeke!
Dankie / Thank you
Nou is jy 'in the book-loop!'!
You're all set for notifications.
MEER LEESGENOT DEUR IRMA JOUBERT:
VEILIGE HAWE - duet (twee in een boek) Vonkpos vir die hart & ‘n Beskermengel vir Marlene
TUISKOMS - versameling kortverhale
VERBODE DRIF - ‘n historiese novella wat afspeel in 1903-1910
VER WINK DIE SUIDERKRUIS - Boek 1 van die Tussen Stasies Trilogie 1932-1933
TUSSEN STASIES - Boek 2 van die Tussen Stasies Trilogie 1958, WWII 1958
TOLBOS - Boek 3 van die Tussen Stasies Trilogie 1976-1989
ANDERKANT PONTINILO - ‘n historiese novella wat afspeel in 1938-1945
PERSONI, KIN DVAN DIE BRAKRANT - 1938-1968
KRONKELPAD - 1938 - 1983
IMMER WES - 1905-1947, ‘n spannende historiese novella
MENTJE - KIND VAN DIE PAS-OPKAMP - historiese novella
NA ‘N PLAAS IN AFRIKA - historiese novella
Nuutste vrystellings / Newest books :
Nou wil ek hier neerskryf wat ek nooit mag vergeet solank ek leef nie.”
Rensche van der Walt was maar 23 jaar oud toe Britse soldate haar en haar gesin in April 1901 van hul plaas na die Bethulie-konsentrasiekamp weggevoer het. Die Britse verskroeideaardebeleid het toe reeds groot verwoesting in die Vrystaatse platteland gesaai.
Rensche het van die begin af dagboek gehou van hul ervarings en haar ongekunstelde beskrywings verplaas die leser direk na die kamp se tentedorp. Jy kry saam met haar honger en dors en beleef die ongemak van blootgestel wees aan die elemente.
Haar eerlike beskrywings van die skokkende wanvoeding, siektes en oorbevolking gee nuwe betekenis aan koue statistieke. Jy beleef ook saam met haar die kommer oor broers, pa’s en eggenote wat nog iewers op kommando of in die krygsgevangenekampe is.
Die publikasie word verryk deur bydraes van historici, onder andere Johan van Z
ISBN: 9780624096009
Ware gebeure - AnglopBoere oorlog - tipe biografie
Bloemfonteinse speurder Sollie Mtembu lê snags wakker. Sy vrou se ambisies is lankal besig om vinniger as sy salaris te groei. En by Parkwegstasie sien niemand hom raak nie.
In Oktober word Tillman Wagenaar, welgestelde boer en ’n ou vriend van die polisiekommisaris, in ’n lokval gelei. Twee dae later word hy deur sy familie as vermis aangemeld en Sollie word gestuur om die “verdwyning” verder te ondersoek.
Maar kort ná hy op Rhynveld arriveer, is daar ’n noodlottige aanval op Onverwacht, die Wagenaars se familieplaas. En die oënskynlike ontvoering verander in ’n moorddossier. Met die hulp van Carla Kruger, joernalis van Oggendpos, begin hy die die dorp se tonge loskry. Maar kan hy betyds sy vrese oorwin, die geheime van die verlede ontrafel en die gewetenlose moordenaar in sy spore stuit?
Klikbek, Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, ontgin die verstrengelde geskiedenis van drie Vrystaat-families se vetes oor geld, bloed en erfgrond. En die letsels waarmee dit die nageslag laat.
ISBN: 9780798178112
Published: 2019
Paperback
Bloemfonteinse speurder Sollie Mthembu en sy vrou, Nyandi, verwag hul tweede baba. Nes baba Naledi in haar buik, groei Nyandi se inkopielys van dag tot dag. Terwyl dié sersant planne beraam om naweekuitstappies na Mimosa Mall met sy kredietkaart te ontduik, sluip daar snags 'n psigopaat deur die strate van Harrismith wat kleuters met roomyse uit hul ouerhuise weglok en ontvoer.
Wanneer die oorskot van 'n verminkte vierjarige in 'n Fruitti Tutti-roomyskarretjie in die vroeë oggendure aan die voet van Platberg ontdek word, besluit kaptein Maartin Brummels om Parkweg se bulhond saam te sleep vir die ondersoek. Sollie lyk dalk na 'n bedeesde ou wat op die vreemdste tye oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie.
Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is 2019 met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang. Almal stem saam dat beide skrywer en speurder Sollie 'n groot aanwins tot die Afrikaanse krimikorpus is.
ISBN: 9780798180542
Published: July 30, 2020
Paperback
Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde.
SKU 9780798180238
n Opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Journalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sy hacker vriendin, Sarah, spoor Ranna Abrahamson in Indie op en oorreed haar om na Suid-Afrika terug te keer. Sarah hou vol dat sy Alex slegs met Ranna se hulp kan opspoor. Haar motiewe is egter nie heeltemal suiwer nie. Ranna moet die traumatiese aand van haar pa se dood onthou om die buit van 'n lank vergete rooftog kan opspoor en so Alex se lewe te red.
ISBN: 9780798162562
Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met 'n ultimatum. In Berlyn leer sy oorleef. Dis waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Hier, weg van alles wat bekend is, leer Adriana dat mens oor alles kan onderhandel, ook jou onskuld. ?Sirkus? is Venter se vyfde roman - haar beste nog.
ISBN: 9780798183086
Jou wildste drome kom nie naby aan dit wat God vir jou beplan het nie. Hykie Berg, bekende akteur, outeur en entrepeneur gee praktiese riglyne oor hoe om suksesvol te wees en jou drome te bewaar. Hy gesels oor kwessies soos selfdissipline, intensionele optrede, verskonings uit die weg ruim en uitwerk wat jou visie en doel is in die lewe. Dis moontlik vir jou om 'n buitengewone lewe te lei. Dis wat God vir jou wil hê. Beweeg van 'n gemiddelde lewe na 'n uitstekende lewe.
ISBN: 9780796323361
Twintig jaar gelede moes Ada Bloukoeniekraal, haar geboortegrond, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê. Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van 'n verlede wat steeds hier rondspook? In sidderende tonele word die verlede laag vir laag blootgelê. Is die troos van die rivier en die grond waarmee Ada so onlosmaaklik verbind voel genoeg?
Annemarie Van Niekerk
ISBN: 9780624090854
Softcover (234mm x 152mm)
256pp
Roman & Gesinsgeweld
Boek I van 'n trilogie. ABEL SE ONTWAKING
Op sy kleinhoewe buite Johannesburg bewerk Abel Lotz die velle van klein diertjies om te verruil vir die maskers uit Afrika en tsantsas uit Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag beplan Abel iets besonders. Hy soek ontwerpe vir die omslae van sy Kosmiese Reise. En hy soek 'n nuwe gesig.
Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Hierdie moord is egter ongewoon.
Boek II van 'n trilogie. ABEL SE LOT
Boek II in die Abel-trilogie draai in Bujumbura, Sarajewo en Johannesburg. Adjudant Ella Neser is met verpligte siekverlof ná haar noue ontkoming aan die skalpel van die reeksmoordenaar Abel Lotz. Tussen die beradingsessies en harplesse deur peins sy oor die foto’s van Abel se slagoffers.
Abel is oor die grens by Komatiepoort, Mosambiek in, en Ella weet hy sal weer moor. Terwyl sy haar lewe weer op koers begin kry, ontmoet sy Milo Boonstra, ’n man met sy eie letsels uit die verlede. Wanneer ’n huisinbraak uitloop op ’n sterfte, kry Ella opdrag om die skuldige op te spoor. Sy is egter nie die enigste wat hulle jag nie.
Is Abel terug, of is daar ’n nuwe moordenaar in Doradopark?
Boek III van 'n trilogie. DIE AFREIS VAN ABEL LOTZ
Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na 'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.
ISBN: 9780798183482
A5 Sagteband
2023 Uitgawe, 384 pp / boek
Skadumeisie is 'n rou, eerlike en diep aangrypende getuienis van 'n vrou wat deur die donkerste moontlike menslike ervarings gegaan het - en tog die lig weer leer vind het.
Van 'n mishandelde kind op 'n Vrystaatse plaas wat 'n wreedaardige verkragting oorleef, tot 'n gebroke volwassene wat uitdagings soos verslawing, selfvernietigende gedrag en die dood in die oë moet kyk, ontvou Anita se verhaal as 'n stille kreet vanuit die skadu's.
Met die gevolge van byna onnoembare trauma wat soos 'n swaard oor haar hang, navigeer sy haar lewenspad in 'n onwrikbare soeke na betekenis, volwaardige menswees en genade. Hierdie boek is nie net 'n oorlewingsverhaal nie; dit is 'n getuienis van hoop vir elke verwonde siel: jy is nie onsigbaar nie, en selfs uit die diepste skadu's kan lig weer gebore word.
Skadumeisie sal jou skok en pynlik meevoer, maar dit sal jou ook herinner aan die onvernietigbare krag van die menslike gees.
Ná die wêreld se mees beskaafde egskeiding, bevind 'n ontnugterde Juna Ferreira haar in 'n klein dorpie sonder 'n plan vir haar toekoms.
Wanneer sy 'n unieke litteken op 'n dorpenaar se wang herken, stuur dit haar in die teenoorgestelde rigting - ver, ver die verlede in. Sy herbesoek haar grootwordjare op die Vrystaatse goudvelde; 'n tyd wat sy as sorgvry en gelukkig onthou.
Maar was dit regtig so? Hoekom onthou ander mense dit anders? En hoeveel donker geheime lê vasgevang in die hartverskeurende ruïne van die eens statige ou Limestone House?
Mei en alles daarna is 'n verhaal oor die geheue se dans tussen werklikheid en versinsel, die lewe se sirkelgang, en ons verbintenis met alles en almal wat ons voorafgegaan het.
Wat gaan vandag met Oom Alfie aan? Hy wil net lawwe liegstories vertel!
“Sebras het koeëlronde kolle!” sê hy.
Maar almal weet tog dit is nie waar nie!
Sebras het nie kolle nie … of hoe?
Kan jy vir Natie help met die waarheid?
Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Dit is dan eenvoudiger omdat ons al die selfsugtige keuses uitskakel. Morele keuses organiseer ons opsies beter. Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons verblyfkeuses maak.
Sê goeie nag saam met Ollie die Olifant, Lara die Luiperd, Bertie die Buffel, Rienie die Renoster en Louis die Leeu in hierdie pragtige versameling slaaptyd-stories.
Elke verhaal neem klein hartjies op 'n gerusstellende avontuur saam met die Groot Vyf deur die Afrikabosveld, met temas soos gehoorsaamheid, hoe om vrese te oorkom, vriendelikheid en moed.
'n Heerlike voorleesboek wat ouers en kinders aand ná aand saam kan geniet.
As varke kon vlieg: bundel R is perfek vir die klaskamer EN lees by die huis!
Lees die lekkerste stories
Leer interessante feite
Ontwikkel belangrike vaardighede
Weet van jou regte en verantwoordelikhede.
Antwoord vrae aan die einde van elke storie.
'n Moet-hê bundel vir lekker lees en lekker leer!
*DIE SKRYWERS
Verskeie skrywers se werke word in hierdie bundels gevind soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Wendy Maartens en nog vele meer.
Hierdie bundels is saamgestel kinders aan die lees te kry. Elke boek bevat 20 tekste wat van fiksie tot niet fiksie wissel.
Lees die lekkerste stories!
Leer interessante feite
Ontwikkel belangrike vaardighede
Weet van jou regte en verantwoordelikhede
*DIE SKRYWERS
Verskeie skrywers se werke word in hierdie bundels gevind soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Bianca Flanders en nog vele meer.
Hierdie bundels is saamgestel kinders aan die lees te kry. Elke boek bevat 20 tekste wat van fiksie tot niefiksie wissel.
Lees die lekkerste stories!
Leer interessante feite.
Ontwikkel belangrike vaardighede.
Weet van jou regte en verantwoordelikhede.
*DIE SKRYWERS
Verskeie skrywers se werke word in hierdie bundels gevind soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Bianca Flanders en nog vele meer.
Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos, waar 'n wêreld van stories wag! Hier is sestig tydlose verhale, byeengesoek en oorvertel deur Linda Rode. Fiona Moodie se illustrasies is handgeverfde droënaaldetse en maak van die boek 'n kunsskat om te waardeer en te bewaar.
Hierdie bundel van meer as 30 stories en rympies is ʼn karos waarmee jy jou kind opnuut kan koester. Daarmee saam kom die genadegawe om waarlik mekaar se harte te hoor. Om dit reg te kry het jy nie geld of goed nodig nie. Al wat nodig is, is om vir slegs 20 minute elke aand sonder die selfoon, TV en al die 1001 dinge wat jou aandag deur die dag opeis vir jou kind ʼn storie te lees. Die sleutel tot behoorlike lees- en taalvaardigheid begin lank vóór gr. R - by iets eenvoudig soos ʼn slaaptydstorie en jou onverdeelde aandag. 'n Ideale boek vir jou kleinding wat hou van stories, rympies en speletjies.
Dit is nie net Wolf wat onder Jakkals se streke deurloop nie, maar die ganse diereryk - van koning Leeu tot die kleinste diertjie ry aan die pen. Niemand is bestand teen die uitgeslape Jakkals se poetse nie, en die een wat hom probeer terugkry, kom steeds die slegste daarvan af. Maar soms loop Jakkals tog sy rieme styf en dan moet hy net bontstaan met sy slim bek om uit die moeilikheid te kom, want dis gewoonlik diep moeilikheid!
KAROO MANNA - AFRIKAANS
Karoo Manna is 'n versameling van 277 huiskosresepte - 'n kombinasie van Suid-Afrikaanse treffers, klassieke gunstelinge en nuwe idees. Dit is propvol inspirasie vir sowel beginnerkokke as ou hande in die kombuis. Die meeste van die disse verg min moeite, want niemand het meer tyd om ure voor die stoof deur te bring nie.
Daar is iets wat soos huis voel aan 'n varsgebakte brood of 'n warm nagereg pas uit die oond. Kos bring mense bymekaar, veral wanneer dit met liefde voorberei word. Elke resep in hierdie boek is met sorg deur my en my ma saamgestel, geïnspireer deur familietradisies, nuwe ontdekkings en ons gesamentlike passie vir kosmaak, almal getoets en vervolmaak in ons kombuise.
Of jy nou 'n vinnige aandete maak of 'n spesiale maaltyd vir familie en vriende voorberei, ons hoop hierdie boek inspireër jou om met selfvertroue en kreatiwiteit te kook. Mag elke gereg 'n storie vertel, en mag Karoo Manna die hartjie van jou huis warm hou.
Alle eer aan God.
KAROO MANNA ENGLISH
Karoo Manna is a collection of 277 recipes for the home cook — a mix of South African favourites, timeless classics and fresh takes. It’s filled with inspiration for both beginner and experienced cooks. Most of the dishes require little effort, because who has hours to spend in front of the stove these days?
There’s something comforting about a freshly baked loaf of bread or a warm pudding. Good food brings people together, especially when it’s prepared at home with love. My mother and I have thoughtfully compiled, tested and perfected every recipe in this book, drawing on family traditions, new discoveries and our shared passion for cooking.
Whether you’re making a quick weeknight dinner or preparing a celebratory feast for family and friends, we hope Karoo Manna inspires you to cook with confidence and creativity. May every dish spread joy, and may this book help keep the heart of your home warm.
All glory to God.
Wil jy vir seker weet dat God se liefde vir jou ewig is? Mini-oordenkings: Veilig in God se liefde sal vir jou hierdie vrede en vaste sekerheid gee.
Die 180 opbouende, kort oordenkings spesiaal vir vroue is bedoel om jou in jou geloof te versterk terwyl jy jou in God se liefde verdiep. Temas soos God se getrouheid, sy leiding, ondersteuning, liefde en vrede verseker dat elke vrou diepe vreugde sal ervaar op haar geestelike reis.
180 kort oordenkings
Handige sakpas-grootte
184 eenkleur-bladsye
Gerridene Berg, motiveringspreker, entrepeneur en gelowige vrou, glo baie vroue is vasgevang in die leuen dat hulle nie goed genoeg is nie. Sy wil hulle help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Gerridene vertel haar eie storie aan die hand van die volgende kwessies:
die waarde van woorde en die invloed daarvan op ons
hoe vroue dikwels probeer presteer om aanvaarding te kry
* die wortel van trauma en vrees
* hoe mislukte verhoudings ons selfbeeld skeeftrek
* vriendskappe en eensaamheid
* hoe Christus die alleenheid vul
* hoe God by ons is in ons donkerste oomblikke
* vergifnis en
* om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef.
Sy daag vroue uit om hul storie te deel, om sodoende ander vroue te help om hul eie stories te verstaan en deur te werk. Sy wil graag mense inspireer om genesing te vind.
Hierdie boek is nie net Gerridene se storie nie, dit is ‘n getuienis van hoe ‘n liefdevolle God ‘n gewonde vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.
Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:
Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou eie lewe (Dinsdag)
Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe (Woensdag)
Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is (Donderdag)
Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal (Vrydag)
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help om ’n man na God se hart te word.
Vir individuele of groepstudie
Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
’n Vertelling van sy verhaal
’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year Devotional
Afrikaanse Oudiobybel (1933/1953)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende luisteraars.
Made from lightweight plastic in a bold green colour, this long-stem Springboks wine glass offers a practical option for relaxed moments. Less prone to breakage, it suits picnics and outdoor occasions, bringing a touch of fun and convenience to every sip. One glass per carton.
Carry your passion for South African rugby with the SA Rugby Bokkie Lunch Bag.
Featuring bold Springbok branding, this durable, stylish bag keeps meals fresh and organised.
Groei In Geloof, Een Storie Op 'n Slag
My eerste tree Bybel is die ideale Bybelstorieboek vir klein handjies. Die bekoorlike verhale sal kinderhartjies aangryp en die handvatsel maak dit vir kleuters maklik om die boek oral met hulle saam te dra.
Stories soos Noag en die ark en Jesus en die kindertjies sal kinders aanmoedig om die eerste tree op hulle eie geloofsreis te gee. My eerste tree Bybel is die ideale metgesel om jong kinders te help om in hulle geloof te groei, een tree op ’n slag.
’n Kartonboekie met ’n handvatsel sodat kinders dit maklik saam met hulle kan dra.
Inspirerende Bybelverhale waarmee kinders van jongs af kan identifiseer.
Kleurvolle illustrasies wat kinders se aandag sal vasvang.
30 volkleur-bladsye.
Vir 0-tot-3-jariges
Ook beskikbaar in Engels onder die titel My First Step Bible.
Dit is so maklik om in hierdie besige lewe oorweldig te voel. Soms raak ons so gefokus op al die dinge wat van ons verwag word dat dit voel of die lewe bloot om oorlewing gaan. Tog gaan die lewe oor meer as net oorlewing; ons is veronderstel om te floreer en elke dag oorwinnend te leef terwyl ons op God gefokus bly.
Eenminuut-oordenkings: Daaglikse bemoediging vir vroue bied 365 kort en bemoedigende oordenkings wat vroue sal help om opnuut op God te fokus. Wanneer jy herinner word aan God se getrouheid en oneindige liefde sal jy in staat wees om verby jou eie kommer, frustrasie en pyn te kyk en opnuut vreugde en hoop te ontdek.
Eenminuut-oordenkings saamgestel uit ’n Veilige skuilplek
Gerieflike sakpas-grootte
368 eenkleur-bladsye
Sagteband
Bybels en Godsdiens :
Afrikaanse vertaling van 1933/1953, mediumgrootte volledige Bybel met swart hardeband, kruisverwysings en kaarte.
• 9.4-punt lettergrootte
• Grootte: 222 x 150 x 27mm
Category : Afrikaans 1953 Vertaling
SKU : 9780798215497
Language : Afrikaans
Size : 222 mm x 150 mm x 27 mm
Hard cover / Hardeband
Die eerste Afrikaanse vertaling van die Bybel het in 1933 verskyn. Dit is nuut vertaal uit die Hebreeuse en Griekse brontekste. ’n Hersiening van hierdie teks is die eerste keer in 1953 gepubliseer. Sedertdien is dit al telkemale herdruk.
Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 is ’n letterlike vertaling wat so getrou moontlik probeer bly aan die bronteks se taalstruktuur. Dit is bekend vir sy poëtiese aanslag en bly een van die gewildste Bybelvertalings onder Bybellesers. Hierdie grootdruk-uitgawe beskik oor die volgende kenmerke:
Die volledige teks van Die Bybel in Afrikaans 1933/1953 in dubbelkolom-uitleg.
13-punt lettergrootte
Teksverse vir spesifieke behoeftes soos beproewings, eensaamheid, treur en twyfel.
Bybellees-plan om die Bybel in een jaar deur te lees.
GROEN HARDEBAND 1x in voorraad
BRUIN KUNSLEER 2x = ETA 31 MAART 2026
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die nuutste Bybelkundige insigte.
Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:
• Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
• Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke Bybelboek
• 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig bied oor die hele Bybel
• Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se vernaamste temas en leringe verken
• Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
• Volkleur kaarte
• 9-punt-lettergrootte
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou geestelik te laat groei.
SKU : 9781415342046
Language : Afrikaans
Size : 240 mm x 160 mm x 37 mm
Page Count : 1336
Afrikaanse 1983-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met swart hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.
• 9.4-punt lettergrootte
• Grootte: 160 x 220mm
Category : Afrikaans 1983 Vertaling
SKU : 9780798219327
Language : Afrikaans
Size : 160 mm x 220 mm
Page Count : 1336
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.
ISBN: 9781431618316
Hard cover / Hardeband
Die Bybel Nuwe Lewende Vertaling (NLV) bied ’n unieke balans tussen noukeurigheid, akkuraatheid en lesersvriendelikheid en is reeds baie gewild by duisende lesers.
ISBN: GROOTDRUK
Hard cover / Hardeband
Die eerste Afrikaanse Bybel is in 1933 gepubliseer met 'n hersiening in 1953. Hierdie vertaling is deur 'n tweede een gevolg wat in 1983 verskyn het. In 2007 het 'n spesiale vertaling vir Dowes, Die Bybel vir Dowes die lig gesien. Nog 'n vertaling in Afrikaans Die Bybel: 2020-vertaling is in 2020 gepubliseer.
Produkkenmerke:
2020-vertaling
volledige Bybel
hoofletteruitgawe
mediumgrootte
swart hardeband
maklik om te lees uitleg
1 409 bladsye
13 kaarte
10 500 voetnote
17 500 kruisverwysings
Afrikaanse 2020-vertaling, volledige Bybel met Deuterokanonieke boeke, medium grootte met volkleur hardeband, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.
• Standard Print, 8-punt-lettergrootte
Category : Afrikaans 2020 Vertaling
SKU : 9780798224222
Page Count : 1622
Publisher : Bible Society Kempton Park
Afrikaanse 2020-vertaling, hoofletter uitgawe, mediumgrootte volledige Bybel met luukse bruin gebreide kunsleeromslag, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.
ISBN : 9780798224215
Publisher / Publiseerder: Bible Society Kempton Park
Afrikaans 2020 Groot Druk Bruin Goud-Op-Snee Met Duimindeks (Kunsleer) 12.5PT
• Volledige Bybel
• Grootdruk
• Luukse Bruin Verwerkte Leerband
• Goud-op-snee,
• Duimindeks
• Merklint
• Voorwoord
• Kruisverwysings
• Voetnote
• Verantwoording
• Woordelys
• Kaarte
• 12.5-punt lettergrootte
• Grootte: 187 x 33 x 258mm
PRODUCT INFORMATION
Category : Afrikaans 2020 Vertaling
SKU : 9780798224345
Page Count : 1736
Publisher : Bible Society Kempton Park
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik verstaanbaar.
Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike, toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot ’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lê.
God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking en geestelike groei.
• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n vollediger prentjie van die Bybelse leefwêreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte
SKU : 9781431625406
Language : Afrikaans
Size : 225 mm x 146 mm x 38 mm
Page Count : 1504
Die Familiebybel het die volledige Bybel in die 2020-Afrikaanse vertaling met bykomende materiaal deur Johan Smith, spesiaal gemik op gesinne. Dit bevat artikels oor die gesinslewe deur die familiekenner, dr Johan Smith van Vita Amp; kaarte en 'n woordelys, Bybelstudiemateriaal vir 'n jaar; Bybelleesplan; ruimte vir julle familiestamboom en 'n bladsy om trou- en geboortedatums aan te teken. Hierdie Bybel sal 'n kosbare erfstuk vir die gesin en groter familie word.
Publisher: Lux Verbi
Category : Bybel studie
SKU : 9780796322616
Language : Afrikaans
Format : Paperback
PRE-ORDER ONLY - Voorafbestellings, aflewering +- 2 weke.
NLV Bruin Kunsleer Familiebybel (Nuwe Uitgawe)
By: Andrie Du Toit,Wil Vosloo
Die Familiebybel sal God se Woord lewend maak in gesinne. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel Nuwe Lewende Vertaling beskik oor die volgende unieke kenmerke:
• ’n Stamboom.
• ’n Afdeling wat die oorsprong en gesag van die Bybel bespreek.
• ’n Afdeling getiteld “Waar staan dit in die Bybel?” wat Skrifverwysings gee vir belangrike gebeurtenisse in die Bybel, bekende teksgedeeltes, profesieë oor Jesus, Jesus se wonderwerke en sy gelykenisse.
• ’n Afdeling getiteld “Wat sê die Bybel oor ... ” waarin ’n wye spektrum onderwerpe, van aborsie tot wysheid, alfabeties en tematies ingedeel is met Skrifverwysings oor waar om meer daaroor te lees.
Die Familiebybel sal gesinne aanmoedig om weer saam om die Woord van God bymekaar te kom en sal lesers opnuut laat besef watter opwindende erfenis God vir ons het.
• 8 volkleurkaarte
• Groot lettertipe
• 2 merklinte
• Bladsye is goudgerand
• Geskenk aan-bladsy
• Voetnote om verstaan van teks te vergemaklik
• Poëtiese gedeeltes in poëtiese styl geset
• 12-punt lettergrootte
• Grootte: 269 x 82 x 329mm
Category : NLV - 2011 Nuwe Lewende Vertaling
SKU : 9781431603237
Language : Afrikaans
Size : 329 mm x 269 mm x 82 mm
Page Count : 1168
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Ontdek die vreugde van kreatiewe stilword by God!
My kreatiewe Joernaal-Bybel bevat die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling en ongeveer 400 woordkuns-teksverse om in te kleur. Elke bladsy het breë kantlyne met óf ’n woordkuns-teksvers, óf lyntjies waar gebede, notas en ander persoonlike inskrywings gedoen kan word.
Ervaar vrede, vernuwing en inspirasie in jou geloofslewe terwyl jy stil word met die Woord van God en nadink oor die waarhede daarin terwyl jy die woordkuns-verse inkleur.
• 8.5-punt lettergrootte
Category : NLV - 2012 Nuwe Lewende Vertaling
SKU : 9781431626380
SS SKU: 1613
Language : Afrikaans
Size : 159 mm x 206 mm
Page Count : 1576
Format : Flexcover
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Afrikaanse Oudiobybel (1933/1953)(MP3 USB) - Die volledige Bybelteks in MP3-formaat op ’n geheuestokkie; enkelstemopname (nie gedramatiseer nie). Hierdie is waarlik vir almal, siggestremdes sowel as siende luisteraars.
The hardcover edition of the New King James Version (NKJV) of the Holy Bible offers precision and clarity without sacrificing readability. It also offers attractive design and the best possible quality at the best possible price. The NKJV is the fastest-growing translation of the complete Bible. It is also the preferred translation of thousands of today’s most prominent Christian leaders. The NKJV maintains the traditional King James style and accuracy while using up-to-date English. With unyielding faithfulness to the original Greek, Hebrew and Aramaic texts, the translation applies the most recent research in archaeology, linguistics and textual studies.
This edition includes:
• Easily readable 9-point text
• Presentation page for gift-giving
• Books of the Old and New Testaments with NKJV footnotes
• Also available in burgundy or brown
Product Information
Category : NKJV - New King James Version
SKU : 9781415337646
Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95 studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.
Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur ’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.
Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.
Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke boek
Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met ander.
Category : Bybelstudie
SKU : 9780638009729
Author : Stephan Joubert
Language : Afrikaans
Size : 245 mm x 171 mm x 53 mm
Page Count : 1184
Format : Paperback
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Daar is ’n wye keuse van Afrikaanse vertalings van die Nuwe Testament op die mark. Hoekom dan nog ’n vertaling? “Sodat ons God self kan hoor praat in die taal waarin ons almal – oumense en jongmense – leef en droom. ’n Vertaling wat as gesinsbybel deur die hele gesin gelees kan word,” sê Stephan Joubert en Jan van der Watt, vertalers van Die Nuwe Nuwe Testament.
Omdat Bybelvertaling ons passie is, was die idee met hierdie vertaling om die gaping tussen letterlike en vryer vertaling met ’n maklik leesbare Afrikaans te vul. Om die dinge wat in Grieks eienaardig is en ons nie so maklik verstaan nie, steeds te kan begryp, lees Die Nuwe Nuwe Testament asof die oorspronklike skrywers dit van die begin af in Afrikaans geskryf het. Die doel hiermee is om God se Woord in ’n eietydse, elkedagse Afrikaans uit te druk.
SKU : 9781432209544
Author : Jan Van Der Watt,Stephan Joubert
Language : Afrikaans
Size : 209 mm x 150 mm x 30 mm
Page Count : 592
Format : Paperback
Publisher : Carpe Diem Media
Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?"
Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:
• Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
• Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
• Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?
• Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?
Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.
Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê.
Product Information
Category : Christelike Leefwyse
SKU : 9781431607235
Author : Riekert Botha
Language : Afrikaans
Size : 210 mm x 148 mm x 12 mm
Page Count : 252
Format : Paperback
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Do you find the book of Revelation a mystery? Are you confused by all the different explanations and interpretations out there? Revelation is probably one of the most challenging books in the Bible and yet it has a very important message for us. To better understand it, we need to ask a few important questions.
In Revelation Unlocked: A Refreshing Perspective on the Final Book in the Bible, author Riekert Botha asks and answers crucial questions that together shape our understanding of this Bible book:
Who were the first recipients of this message?
What were their circumstances?
What need or problem did hearing the message of Revelation solve for them?
What message did God have for them in that specific time and place?
Once answered, these questions form the backdrop to a further, verse-by-verse exploration of the entire book of Revelation, including the seven letters to the seven churches and the seven visions.
Ideal for individual or group study.
A refreshing perspective in understanding the book of Revelation based on an exegetical and hermeneutical interpretation.
240 one-color pages.
Softcover.
Nicolaas Pieter Johannes (Niklaas of Siener) Janse van Rensburg (3 Augustus 1864 – 11 Maart 1926) was n Boer uit die Suid-Afrikaanse Republiek – ook bekend as die Transvaalse Republiek en later n Burger van Suid-Afrika wat deur sommige as n profeet van die Boere beskou is. Gevolglik word sy bynaam Siener. Van Rensburg se visioene is gewoonlik in n patriotiese, godsdienstige format toegedraai en word deur gelowiges geinterpreteer as voorspellings van toekomstige gebeure. Gedurende die Boereoorlog het hy ‘n betroubare metgesel geword, indien nie adviseur van Generaal de la Rey en President Steyn nie. Die omvang van sy invloed op hierdie figure word betwis, hoewel die Godsdienstige de la Rey hom blykbaar aan n profeet van God beskou het.
ISBN: 9780958408011
Writer / Skrywer: Adriaan Snyman
Publisher / Uitgewer: Vaandel-Uitgewers
Paperback / Sagteband
Messenger of God (Siener van Rensburg) (ENG)
Nicolaas (Seer) van Rensburg was a modern day Nostradamus. He became a legend during his lifetime and was one of the most remarkable and controversial characters that ever lived in South Africa.
ISBN: 9781919728742
Writer / Skrywer: Adriaan Snyman
Publisher / Publiseerder: Vaandel
Paperback / Sagteband
Die Bybel in 366 dae vir manne van geloof is ’n waardevolle hulpmiddel vir mans wat die Bybel beter wil leer ken, maar nie weet hoe en waar om te begin nie. Nou kan hulle die kerngedeeltes van die Bybel in net een jaar lees.
Belangrike sleutelteksgedeeltes uit die hele Bybel (Nuwe Lewende Vertaling) word chronologies aangebied vanaf Genesis tot Openbaring, saam met kort, inspirerende gedagtes deur Angus Buchan.
Die Bybel in 366 dae vir manne van geloof, in sakpasformaat, is ’n handige hulpbron vir geestelike groei. Dit sal jou geloof versterk en jou inspireer om toegewy aan God te leef.
Product Information
Category : Dagstukke
SKU : 9780638008470
Author : Angus Buchan
Language : Afrikaans
Size : 181 mm x 115 mm x 21 mm
Page Count : 400
Format : Paperback
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
The Bible in 366 Days for Men of Faith is a valuable resource for those who want to get to know the Bible better but don’t know where to start and how to go about it. In just one year you will cover the Bible’s core Scripture passages in only a few minutes a day and have a deeper understanding of the Bible’s essential truths.
The Bible in 366 Days for Men of Faith explores meaningful, key Scripture passages from the New Living Translation (NLT), presented chronologically from Genesis to Revelation, with a short and inspirational devotional thought by popular author and evangelist Angus Buchan. Start each day with the assurance that God is, and always will be, your Rock and Redeemer.
This pocket-sized edition, which is easy and convenient to take anywhere, is an essential resource for spiritual growth. It will strengthen your journey of faith and inspire you to live a life dedicated to God.
Product Information
Category : Devotionals
SKU : 9780638000467
Author : Angus Buchan
Language : English
Size : 181 mm x 115 mm x 21 mm
Page Count : 400
Format : Paperback
Publisher : Christian Art Publishers
Pa-wees is een van die kosbaarste geskenke wat God vir enige man kan gee. Dit is ’n groot verantwoordelikheid wat nooit as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.
In Woorde van wysheid vir mans moedig Angus Buchan pa’s aan om hulle rol as priester, profeet en koning te vervul en deur hulle voorbeeld te lei in hulle gesinne, besighede en gemeenskappe. Die inspirerende gedagtes deur Angus en bemoedigende teksverse sal mans motiveer om die beste man en pa te wees wat hulle kan wees.
Woorde van wysheid vir mans bevestig die belangrike rol wat mans in die samelewing moet vervul, en sal hulle toerus om hierdie taak met Bybelse wysheid aan te pak.
Product Information
Category : Geskenkboeke
SKU : 9780638008807
Author : Angus Buchan
Language : Afrikaans
Size : 165 mm x 100 mm x 8 mm
Page Count : 128
Format : Paperback
Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy
Fatherhood is one of the most precious gifts God can give any man. It is a great responsibility and should never be taken for granted.
In Words of Wisdom for Men, well-loved author Angus Buchan encourages fathers to fulfill their essential roles as prophets, priests, and kings and to lead by example in their families, businesses, and communities. Men will be inspired by motivational thoughts from Angus and encouraging Scripture verses that support every theme.
Words of Wisdom for Men will reinforce men's positions in society as they gain insight and inspiration from our heavenly Father's many blessings.
Product Information
Category : Gift Books
SKU : 9780638001655
Author : Angus Buchan
Language : English
Size : 165 mm x 100 mm x 8 mm
Page Count : 128
Format : Paperback
Publisher : Christian Art Publishers
Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook ’n dieper verhouding met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in die Skrif en bied ’n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:
Sy storie – ’n vertelling van sy verhaal (Maandag)
’n Kykie na die man – delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou eie lewe (Dinsdag)
Sy nalatenskap in die Skrif – ’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe (Woensdag)
Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is (Donderdag)
Sy nalatenskap van gebed – Gebed teen die agtergrond van sy verhaal (Vrydag)
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele of groepstudie en sal Bybellees ’n daaglikse gewoonte maak. Hierdie dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help om ’n man na God se hart te word.
Vir individuele of groepstudie
Ondersoek die lewens van 52 mans uit die Bybel deur:
’n Vertelling van sy verhaal
’n Kykie na hoe sy verhaal ooreenstem met jou lewe
’n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe
Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is
Gebed teen die agtergrond van sy verhaal
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Men of the Bible One-Year Devotional
Words of Jesus for Men: 366 Reflections on the Words of Jesus (Faux Leather)
The four Gospels are a treasure trove of wisdom and truths that Jesus shared with those around Him.
Words of Jesus for Men: 366 Reflections on the Words of Jesus is the perfect devotional for men with its 366 succinct messages by well-known radio personality and author, Riekert Botha.
Each devotion begins with a Scripture verse consisting of Jesus’ words. Men will view Jesus’ words from a fresh perspective by studying short Scripture quotations from our Master Teacher with Riekert. Themes such as right and wrong, Jesus’ example and love are passed on with nuggets of advice, challenges and encouragement.
Each devotion in Words of Jesus for Men is accompanied by a prayer for the day or a practical application to not just listen to Jesus’ words, but to LIVE them!
Lewensgids vir mans, Heinz Winckler se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by mans van alle ouderdomme sal vind.
Lewensgids vir Vroue - Alette-Johanni Winckler ook beskikbaar
Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in mans se daaglikse lewens.
Heinz gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriend.
Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat mans se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van manwees aan.
Van die onderwerpe wat bespreek word is
‘Hoe om die beste JY te wees’,
‘Hoe om ’n goeie vriend te wees’,
‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’,
‘Hoe om die beste getroude man te wees’,
‘Hoe om ’n goeie pa te wees,
‘Hoe om sosialemedia te benader’,
‘Hoe om finansies te hanteer as individu/getroud/gesin’ envele meer.
Product Information
Category : Christelike Leefwyse
SKU : 9781779880048
Author : Heinz Winckler
Language : Afrikaans
Size : 234 mm x 153 mm x 20 mm
Page Count : 272
Format : Paperback
Publisher : Lapa Uitgewers
Lewensgids vir vroue, Aletté-Johanni se nuwe boek, is geskryf vanuit ’n vars, nuwe perspektief en bied tydlose wysheid wat aanklank by vroue van alle ouderdomme sal vind.
Lewensgids vir Mans - Heinz Winckler ook beskikbaar
Die boodskappe in hierdie handige lewensgids is gegrond op wat die Woord sê oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe en uitdagings in vroue se daaglikse lewens. Aletté-Johanni gesels met die leser soos ’n goeie, wyse vriendin.
Die inhoud bied die leser praktiese en geestelike raad en wenke wat vroue se hedendaagse leefstyl, verhoudings en situasies in ag neem en spreek die verskillende fases van vrouwees aan.
Van die onderwerpe wat bespreek word is ‘Hoe om die beste JY te wees’,
‘Hoe om ’n goeie vriendin te wees’,
‘Hoe om ’n goeie jong student te wees’,
‘Hoe om die beste vrou te wees’,
‘Hoe om die beste ma te wees vir babas/kleuters/laerskool kinders/tieners’,
‘Hoe om sosiale media te benader’,
‘Hoe om finansies tehanteer as individu/getroud/gesin’ en vele meer.
Product Information
Category : Christelike Leefwyse
SKU : 9781779880024
Author : Alette-Johanni Winckler
Language : Afrikaans
Size : 234 mm x 153 mm x 20 mm
Page Count : 272
Format : Paperback
Publisher : Lapa Uitgewers
Boeke vir kinders / Childrens books:
Die kinders in juffrou Seekoei se klas is vanoggend baie besig! Hulle baljaar en speel, hulle teken prentjies en sing liedjies. Maar elke nou en dan loer juffrou Seekoei kwaai oor haar bril. Waarom lag Hiëna die hele tyd?
Die kinders in juffrou Seekoei se klas is vanoggend baie besig! Hulle baljaar en speel, hulle teken prentjies en sing liedjies. Maar elke nou en dan loer juffrou Seekoei kwaai oor haar bril. Waarom lag Hiëna die hele tyd? Wat is so verskriklik snaaks? Kom vind self uit in hierdie baie, baie snaakse boek en lag dubbel so hard vir die grappies in die grappieboek wat op die middelste agt bladsye versteek is!
Kids Age: 3 years
Barcode: 9781776250820
40pp A4, Softcover
Die dieretuin is in die knyp - daar hang 'n slegte reuk in die lug. Niemand borsel meer hul tande nie! Gelukkig kom Oom Alfie, die dieretuinbaas, met 'n blink plan tot die redding. Hy stuur Natie Peperment Krimpvarkie, met 'n klomp tandepasta op sy rug, op 'n waaghalsige tog. Van groot slagtande tot rye lemmetjieskerp tande - Natie moet almal skoon kry!
a4 grootte, sagteband
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture.
ISBN: 9781920660123
Writer / Skrywer: Daniel Joris
Illustrator / Illustrasies: Gauthier Desimont
Hard cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture.
ISBN: 9781920660154
Writer / Skrywer: Daniel Joris
Illustrator / Illustrasies: Gauthier Desimont
Hard cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture.
ISBN: 9781920660147
Writer / Skrywer: Daniel Joris
Illustrator / Illustrasies: Gauthier Desimont
Hard cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Skatlam is nie ‘n gewone skaap nie. O, nee, vir haar is die weiveld nie genoeg nie. Sy het ‘n droom, ‘n wonderlike droom.
ISBN: 9781920475727
Writer / Skrywer: Lizette Duvenage
Illustrator / Illustrasies: Lizette Duvenage
Hard Cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Hoe Laura haar wedervaringe met die sterretjie ervaar en hoe jy dikwels van dinge waavoor jy lief is, moet afskeid neem, word met deernis en begrip in hierdie verhaal van Laura en haar ster vertel.
ISBN: 9781920475987
Writer / Skrywer: Klaus Baumgart
Illustrator / Illustrasies: Klaus Baumgart
Hard Cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Elkeen het sy eie ster, daarvan is Laura seker. Maar hoe staan sake met haar boetie Tommie se Pas-My-Op-Hondjie?
ISBN: 9781920475994
Writer / Skrywer: Klaus Baumgart
Illustrator / Illustrasies: Klaus Baumgart
Hard Cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Flintie Valsbaard is ‘n slim uitvinder … en kamma-seerower! Hoe dan anders.
ISBN: 9781920475024
Writer / Skrywer: Marcelle du Plessis
Illustrator / Illustrasies: Johann Strauss
Hard Cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Lawwe Lalie en die seerowers hoor van nog ?n avontuur en laat nie op hulle wag nie! Daar is vanaand iets vreemds op die skip aan die gang. Bestaan die spook van Pienkbaard regtig?
ISBN: 9781920475642
Writer / Skrywer: Sam Walshaw
Illustrator / Illustrasies: Sam Walshaw
Beleef die avonture van stuitige en ondeunde katjies en geniet 'n ongewone piekniek en 'n eensame seuntjie se groot verrassing saam met jou kleinding.
Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het.
Geniet die reis deur die land van oulike stories…
Beleef die avonture van 'n lekkerbek-wolfie en stout kuikentjies.
Ry saam met jou kliending op 'n bus met duisend pote en lag saam oor 'n groot verrassing na 'n uitstappie mark toe.
Deel oomblikke van pure deernis en saamwees tydens bedtyd of net wanneer julle lus het.
Geniet die reis deur die land van oulike stories…
Grieta droom van ander dinge terwyl die ander gansies gewone gansie-dinge leer.
ISBN: 9781920134204
Writer / Skrywer: Eve Tharlet
Illustrator / Illustrasies: Eve Tharlet
Hard Cover / Hardeband
Pictures / Prentjies
Boeke vir jong grootmense / Books for young adults:
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë.
ISBN: 9780798163873
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
Paperback / Sagteband
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit!
ISBN: 9780798163903
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
Paperback / Sagteband
Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!
ISBN: 9780798166799
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjiereeks bevat, gaan Saartjie en Galpil 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke.
ISBN: 9780798170376
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
Paperback / Sagteband
Daar kuier ’n seun in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie.
ISBN: 9780798174572
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
Paperback / Sagteband
In Saartjie se gevaar wil Saartjie graag vir haar ma 'n spesiale verjaardaggeskenk koop, maar net voor haar verjaardag beland haar ma in die hospitaal.
ISBN: 9780798176590
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
Paperback / Sagteband
Saartjie dink ook dat sy haar droomman ontmoet het wanneer 'n beroemde rugbyspeler kom kuier.
ISBN: 9780798178525
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
Paperback / Sagteband
Saartjie verdedig haar boetie, Apie, wanneer hy van diefstal beskuldig word, sy moet ook tussen haar boesemvriendin en ‘n koshuismeisie kies as kaptein van die netbalspan en sy neem deel aan ‘n groot kompetisie wat ‘n reis na Amerika as prys aanbied.
ISBN: 9780798180344
Writer / Skrywer: Bettie Naudé
Paperback / Sagteband
Hul avontuur met die dominee se bobbejaan ruk handuit en Trompie se poging om vir sy suster Anna ’n kêrel te kry.
ISBN: 9780798163934
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
In Trompie die hoërskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ’n groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader? Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
ISBN: 9780798163965
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word!
ISBN: 9780798166829
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
Trompie samel geld in vir 'n bedlêende seun, Trompie word verkies as junior leerderraadslid en die rugbyseisoen begin - wat beteken dat Trompie en sy maats se lewe net om een ding draai.
ISBN: 9780798171687
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
Trompie wil ’n seun se krieketkolf leen, maar hy moet mooi met die suinige ryk seun onderhandel om sy kolf vir hom te leen krieket speel.
ISBN: 9780798174602
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksombende se avonture meegevoer word. Hierdie omnibus bevat nog drie gewilde Trompie-stories.
ISBN: 9780798176620
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skryf in vir 'n kompetisie wat 'n reis Kaap toe as prys aanbied.
ISBN: 9780798178648
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding mee teen sterk kompetisie in die atletiekspan.
ISBN: 9780798180375
Writer / Skrywer: Topsy Smith
Paperback / Sagteband
Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.
CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke
ISBN: 9781485302162
Writer / Skrywer: CS Lewis
Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes
Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.
CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke
ISBN: 9781485302155
Writer / Skrywer: CS Lewis
Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes
Soft Cover / Sagteband
Pictures / Prentjies
Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.
CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke
ISBN: 9781485302179
Writer / Skrywer: CS Lewis
Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes
Soft Cover / Sagteband
Pictures / Prentjies
Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.
CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke
ISBN: 9781485302186
Writer / Skrywer: CS Lewis
Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes
Soft Cover / Sagteband
Pictures / Prentjies
Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.
CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke
ISBN: 9781485302193
Writer / Skrywer: CS Lewis
Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes
Soft Cover / Sagteband
Pictures / Prentjies
Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.
CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke
ISBN: 9781485302216
Writer / Skrywer: CS Lewis
Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes
Soft Cover / Sagteband
Pictures / Prentjies
Die Klassieke Kronieke van die Narnia-reeks geskryf deur CS Lewis bestaan uit 7 boeke en word in Afrikaans uitgegee deur Protea Boekhuis.
CS Lewis se kronieke van Narnia beklee n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wereldwyd reeds meer as 100 miljoen kopiee van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke
ISBN: 9781485302209
Writer / Skrywer: CS Lewis
Illustrator / Illustrasies: Pauline Baynes
Warno Alberts is ‘n doodgewone ou wat in doodgewone Sekelrivier bly. Behalwe dat hy geheime lêers het waarin hy die doen en late van spoke neerskryf.
ISBN: 9780799395037
Writer / Skrywer: Francois Bloemhof
Publisher / Publiseerder: Lapa Uitgewers
Paperback / Sagteband
SPOKE BESTAAN NIE.
MOET DUS NIE BANG WEES NIE.
HULLE KAN JOU NIKS DOEN NIE.
MAAR WEET HÚLLE DIT?
ISBN: 9780639601267
Writer / Skrywer: Francois Bloemhof
Publisher / Publiseerder: Lapa Uitgewers
Paperback / Sagteband
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE.
ISBN: 9780639602165
Writer / Skrywer: Francois Bloemhof
Publisher / Publiseerder: Lapa Uitgewers
Paperback / Sagteband
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur.
ISBN: 9780798176750
Writer / Skrywer: Hugo De Wet
Illustrator / Illustrasies: Shan Fisher
Paperback / Sagteband
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om 'n nuwe skooljaar in 'n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van 'n meisie in 'n bergskeur op die plaas ontdek.
ISBN: 9780798176729
Writer / Skrywer: Hugo De Wet
Illustrator / Illustrasies: Shan Fischer
Paperback / Sagteband
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie.
ISBN: 9780798176781
Writer / Skrywer: Hugo De Wet
Illustrator / Illustrasies: Shan Fisher
Paperback / Sagteband
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan ontmoet.
ISBN: 9780798178860
Writer / Skrywer: Hugo De Wet
Illustrator / Illustrasies: Shan Fisher
Paperback / Sagteband
Volwasse leesstof /Adults:
Sondag. Oukersaand. Ná ’n inbraak by die Stables Estate in Pretoria-Oos word sakeman Lafras van Zyl vir dood agtergelaat. Die res van die Van Zyl-gesin verdwyn spoorloos. Kaptein AJ Williams moet inspring om te help. Alex en Ranna is op die spoor van ’n meisie, wat in Johannesburg vermis geraak het. Twee misdade. Meer vrae as antwoorde.
SKU 9780798180238
n Opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Journalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy 'n storie oor 'n mynsindikaat dek. Sy hacker vriendin, Sarah, spoor Ranna Abrahamson in Indie op en oorreed haar om na Suid-Afrika terug te keer. Sarah hou vol dat sy Alex slegs met Ranna se hulp kan opspoor. Haar motiewe is egter nie heeltemal suiwer nie. Ranna moet die traumatiese aand van haar pa se dood onthou om die buit van 'n lank vergete rooftog kan opspoor en so Alex se lewe te red.
ISBN: 9780798162562
Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met 'n ultimatum. In Berlyn leer sy oorleef. Dis waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Hier, weg van alles wat bekend is, leer Adriana dat mens oor alles kan onderhandel, ook jou onskuld. ?Sirkus? is Venter se vyfde roman - haar beste nog.
ISBN: 9780798183086
Twintig jaar gelede moes Ada Bloukoeniekraal, haar geboortegrond, noodgedwonge verlaat. Nou keer sy terug na die geheime van haar kinderjare wat aan die oewers van die getyrivier lê. Deur haar skryfwerk probeer Ada die skimme van die verlede tem. Maar hoe word jy vry van 'n verlede wat steeds hier rondspook? In sidderende tonele word die verlede laag vir laag blootgelê. Is die troos van die rivier en die grond waarmee Ada so onlosmaaklik verbind voel genoeg?
Annemarie Van Niekerk
ISBN: 9780624090854
Softcover (234mm x 152mm)
256pp
Roman & Gesinsgeweld
Tussen oorloë, tussen lande, tussen liefde.
Op elf het Rebekka baie oorleef: Sy was kampkind in die Anglo-Boereoorlog en nou is sy brandarm bywonerskind op Kameeldoornplaas. Kort voor lank word sy kinderwagter vir ryk Engelse en is op 'n skip op pad Engeland toe.
Hier, in die sprokiesagtige Oxford, begin die onverskrokke Bekkie se nuwe lewe. Nie net leer sy hoe om Engels met die warm-aartappel-in-die-mond te praat nie, maar ook hoe die wêreld werk. En wanneer die boer se oudste seun kom kuier, ontdek sy 'n nuwe gloed wat rooiwarm deur haar lyf trek.
Wie is sy uiteindelik regtig? Bekkie, kaalvoet Afrikanerkind van die sonverbrande Kalaharivlaktes? Of Rebecca, wêreldwyse jongmeisie van Oxford?
Irma Joubert neem die leser saam op 'n onweerstaanbare ontdekkingstog - nie net na Engeland en meer as 100 jaar terug in tyd nie, maar ook op Rebekka se reis na jong vrou word.
Rebekka van Kameeldoornplaas is 'n meesleurende verhaal oor die wilde afdraaipaaie wat die noodlot neem, en hoe jy uiteindelik die enigste een is wat moet besluit wíé jy is en waarheen jy op pad is.
ISBN 9781779860170
Sagteband 436pp
Sy is Janie, die gewone eendjie wat haar eie verjaarsdagwegbreek Parys toe moes reël en toe in elk geval op die lughawe in die steek gelaat is. Max is presies die tipe man vir wie sy geen ooghare het nie - mooi, macho, sexy en suksesvol, wat haar nog meer gewoon laat voel as wat sy reeds is.
Maar Parys is 'n magiese plek waar selfs gewone eendjies romantiek vind. Hy lê die Stad van Liefde se skatte voor haar voete neer; sy kan haar hande oor 'n tafel uitsteek en hom anker.
Al wat sy moet onthou, is dat die dae vol wonder en nagte vol passie 'n sprokie is. Selfs die familieplaas met die Alpe in die agtergrond, wat hy met bloedgeld moes koop om die onreg van die verlede reg te stel, is deel daarvan. En as daar nou een eienskap is wat alle sprokies deel, is dit dat hulle tot 'n einde kom.
Gaan sy, as sy terugkeer Suid-Afrika toe, dit wat sy vir hom voel met wortel en tak uit haar hart moet ruk? Of is daar dalk vir haar 'n verhaal wat beter is as 'n sprokie, een wat in die sterre geskryf is?
Kategorie: liefdesroman; verhoudingsroman; vrouefiksie
Ná drie jaar op ’n passasierskip smag Jean Botha na ’n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees. Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, ’n gesiene boer van die Oos-Vrystaat.
’n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle ’n ware tuiskoms en liefde kan vind.
ISBN: 9780798185103
Publisher: Human & Rousseau
Date Released: October 2025
Format: Soft cover, 288pp
Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?
Zabeth Meyer beland op Kronkelrivier om navorsing vir die krimiskrywer Wilbur Sheldon te doen. In sy skatryk familie se Victoriaanse herehuis, Sheldon Manor, kom sy al hul vreemde tragedies en intriges teë: Eers verdrink die oudste Sheldon- kleinkind, en 'n paar jaar later sterf sewe Sheldons op een dag.
ISBN 9781779860248
FORMAT: SAGTEBAND
PUBLISH DATE: 2025-09-01
Dit is 1950 en Pasgatyd in Oudtshoorn. Leah Abrams, ’n jong entoesiastiese navorser in antieke tale, kuier by haar Joodse rabbi pa en sy tweede vrou, Daniela. Hulle is albei navorsers oor, onder andere, die geskiedenis van Israel. Maar daar heers konflik in die huis want Leah wil gesels oor die Messias wie sy leer ken het in haar studies, en haar Joodse gesin is nie ontvanklik daarvoor nie. Diverse kultuur- en geloofsgroepe en na-oorlogse politieke kwessies skep ook probleme vir die Abrams-gesin en hul tuisdorp. ’n Sluipmoordaanval krap wonde en geheime in die dorp en Leah se gesin oop en die plaaslike polisie se vooroordele help nie die ondersoek na die skuldige aan nie … Leah is oorweldig deur seer en onsekerheid. Maar sy begin stadig maar seker by mense wie sy nooit sou verwag het leer dat vergifnis, verhoudings en liefde die dinge is wat mense bymekaar bring, ongeag van hulle stand of kultuur. Sy besef ook met die hulp van ander dat God nie tussen die blaaie van ’n boek leef nie, maar in jou hart. Dalk het die Here nog heeltyd ’n ander plan gehad vir die mense in Die huis op die hoek.
ISBN 9781779880826
Formaat: Sagteband 224pp
Publikasie datum: 2025-05-01
Elaine vlug weg van haar verloofde, Alex, sonder enige verduideliking. Haar geheim bly haar eie want sy glo as Alex ooit moet uitvind sal dit sy lewe ruïneer, en daarvoor het sy hom té lief. Sy het geen keuse as om Ben van Staden, die rykmanseun van Bloemfontein, se aanbod te aanvaar nie ... Die jare wat volg is verwonde jare gevul met vrees en verwyt. Elaine verloor haar geloof in ’n liefdevolle God en dit is net haar ongesonde verhouding met wyn wat haar help om soms van al die seer in haar binneste te vergeet. Maar haar liefde vir Alex bly ’n brandende vuur wat nie geblus kan word nie. Skielik, ná soveel jaar, staan Alex weer voor haar en begin sy weer glo dat God dalk alles tog ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Maar, sal Alex haar ooit kan vergewe vir die onreg wat sy hom aangedoen het?
ISBN 9781779880543
Formaat: Sagteband 183pp
Publikasie datum: 2025-04-01
Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n silwerskerm gaan raaksien nie, want sy is ietwat sag om die kante en haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Sy besluit die tyd het aangebreek vir opwinding en avontuur, want sy wil nie meer stry teen die knaende begeerte in haar om skaamteloos aan die ontvangkant van ’n man se hartstogtelike liefde te wees nie. Sy vlug uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom en asem te skep in die oop ruimtes waar niemand vir haar voorskryf wat om te doen nie. Isabella soek ’n man wat haar voete onder haar gaan uitslaan en sy is vasbeslote om hom te kry.
Iemand wat haar gaan liefhê vir wie sy in al haar volrondheid is. Tydens haar soektog ontmoet sy ’n hele paar mans wat nou nie almal eintlik as goeie mans met suiwer intensies beskou kan word nie. En wie is die geheimsinnige man wat oral onverwags opduik en pal op haar spoor bly? Maar toe gebeur die ondenkbare tydens ’n gesinskrisis wat opduik. Al die geraamtes wat uit die kas begin tuimel dwing Isabella om tot stilstand te kom en die waarheid in die oë te staar. Sommige antwoorde kan ’n vrou net op haar knieë by die Here kry. Hulle sê die waarheid maak vry en die liefde bedek ’n menigte van sondes. Miskien sal die kronkelpaaie van Isabella se lewe haar ook na liefde en vryheid lei sodat selfs ’n verlore woestynblom soos sy kan blom.
ISBN 9781779880727
Formaat: Sagteband 293pp
Publikasie datum: 2025-05-01
Splinters van liefde is ’n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel.
Kaapse draai: Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op ’n man se advertensie dat hy na ’n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal ’n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ... Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie.
Tyd sal leer: Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in ’n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie – en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie. Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees.
Luca se obsessie: Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat ’n meisie laat huweliksklokke hoor nie. Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat ’n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...
Sagteband
399pp
Thea Posthumus / Isabella de Villiers, Kaptein Werner de Wege, Adjudant-offisier Lisamore Talakase, Kaptein Stephan Schutte, Helgardt Hugo, Ella Nel. n Wêla-Kapêla vertel Thea Posthumus haar storie. (Haar identiteit en ook geslag word eers baie later in die verhaal bekend.) Thea het swaar grootgeword - armoedig, onaansienlik en genadeloos gespot omdat sy, haar broer en susters saam met hul ouers in 'n karavaan woon.
Op hoërskool maak Thea vir die eerste keer dood - 'n ouer meisie wat haar treiter. Die skool se tuinier word vir dié moord tronk toe gestuur. Thea gaan studeer, maar sy bly die buitestander. Sy raak verlief op Barry Buchner, 'n gewilde, baie aantreklike mede-student. Maar toe sy swanger raak, wil hy niks verder met haar te doene hê nie. 'n Mediese student help haar om van die baba ontslae te raak. Barry se verwerping krap ou wonde oop van hoe sy op skool ook vir die gek gehou is. Sy wil vergelding neem.
Na universiteit kry sy 'n nuwe identiteit en word Isabella. Sy trou met 'n welaf man, Francois de Villiers en hy sorg dat sy die beste van alles het. Hy gee vir haar wat sy altyd begeer het: sekuriteit. Toe dié sekuriteit bedreig word, as gevolg van Francois wat in haar verlede begin krap, is sy bereid om te moor om dit af te weer. Sy skiet hom dood en laat dit lyk asof sy en Francois deur inbrekers oorval is. Sy spits haar toe om die mense op te spoor wat sy op haar lysie het: Barry, die mediese student (Trudi Rabie), Dina Reyneke ('n balletjuffrou uit haar kinderdae teenoor wie sy 'n wrok koester), asook haar geliefde oorlede suster se man, Donnie Dempsey.
Sy is oortuig dat Donnie verantwoordelik was vir haar suster, Sonja, se skietdood. Isa se moordtog word die probleem van 'n taakspan bestaande uit kaptein Werner de Wege, adjudant-offisier Lisamore Talakase, adjudant-offisier Johnny Delport, kaptein Stephan Schutte en adjudant-offisier Stan Lee. Stephan raak boonop smoorverlief op Isa. Die taakspan kry die wind van voor: Min leidrade, 'n bevelvoerder wat nie aan hul kant is nie en ao Talakase wat 'n beroerte kry.
Eindelik ontdek Stephan dat die vrou wat hy liefhet, nie is wie sy voorgee om te wees nie en Isa word aangekeer en suksesvol vervolg. Ella Nel se karakter dien as teenstelling vir Thea/Isa. Ella se kinderjare was baie erger as Thea s'n. Tog wend sy haar nie tot geweld en moord nie. Die storie word uit die oogpunte van die onbekende boelie-slagoffer (Thea) vertel, uit die hoofverdagte Helgardt Hugo s'n, uit Ella Nel s'n en ook uit die speurders Werner de Wege, Lisamore Talakase en Stephan Schutte s'n.
Softcover / Paperback
Barcode - 9781776380695
Erin se dogter Maryna word op ses jaar voor haar skool ontvoer. Dit vernietig haar huwelik en al wat haar staande hou, is ontkenning en verbeelding. Twintig jaar later is daar op ’n stormagtige nag ’n klop aan Erin se voordeur. In die nat wind staan ’n logge vreemdeling wat nie kan of wil kommunikeer nie – Maryna? Ma en dogter moet ’n nuwe woordeskat vind en van booswigte vlug. Dit word ’n wêreld waarin die werklikheid en die sureëele mekaar oorvleuel én uitwis én skep. En selfs in hierdie skemerwêreld bly die pyn van verwonding voortskrei.
Steinmair debuteer met ’n Engelse digbundel, A see-through suitcase. Haar eerste roman, Marike se laaste dans, het in 2011 die Jan Rabie Rapport-prys verower. Haar spanningsroman, Poppekas, verskyn in 2012. Daarna volg ’n drieluik magies-realistiese misdaadfiksie: Die neus, Wenkbrou en Moestas. As jy van moord droom is haar eerste domestic noir.
ISBN: 9780799399240
Print length : 292pages
Paperback
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my. Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Liewe Here, ek verstaan nie. Help my. Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig.
Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.
SKU: 9780639607139
Soft cover / Paperback 248pp
Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.
ISBN 9780639605494
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2020-01-10
Evan weet met al sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na ‘n mislukte verhouding, maar die noodlot het ander planne.
SKU: 9780639605111
Soft cover / Paperback 176pp
Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het? Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied. Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het? Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied. Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie.
Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is. Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie.
Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.
SKU: 9780639607641
Soft cover / Paperback 176pp
Dis twee jaar na 'n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan.
'n Knorrige man met 'n fyn meisiekind en 'n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor 'n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik?
Ida voel en lyk soos 'n ou en halwe vrou na 'n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie.
Ellie en Justin smag steeds na 'n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos 'n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter 'n onverwagse band met 'n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier.
En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.
Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
Romanza Modern
SKU: 9781779880062
Soft cover / Paperback 224pp
Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek.
Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.
Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.
Romanza Modern
SKU: 9781776351473
Soft cover / Paperback 280pp
Kainsmerk is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tydskrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels ’n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wereld wil verberg.
Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar.
’n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi.
’n Ander boervrou bou ’n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op ’n dag tydens ’n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word. Nog ’n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man ’n plaasaanval en is hulle net op mekaar aangewese.
’n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by ’n hoogaangeskrewe man met ’n rare obsessie.
’n Mevroudominee gaan soek rus en heling in ’n grot op haar geboorteplaas.
Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word die juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.
Book Format - Paperback / Softback
Published Date - 2017-09-28
Number of Pages - 272
Barcode - 9781776093038
Sy gee voor om dit nie te sien nie. Volg hom woordeloos teen die halfskemer sementtrap af. Aan die onderpunt van die trap sluit hy ’n groengeverfde deur oop en staan opsy.
“Step inside your temprorary parlour,” en hy maak ’n galante buiginkie.
Sy tree onseker vorentoe. “Waar skakel ek die lig aan?”
Die volgende oomblik tref ’n hou haar teen die rug, so hard dat sy handeviervoet in die donker op die vloer beland.
ISBN 9781776095360
Format Paperback
Published May 2023
Voetstoots is ’n bontgejasde keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou. ’n Kind wat doodgeskok word terwyl hulle jagentjies speel. ’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Toentertyd se poskoets en handsentrale. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
Book Format - Paperback / Softback
Published Date - 2020-10-20
Number of Pages - 232
Barcode - 9781776095247
Kan jy vlug van wie jy regtig is? Lula Prins wil oor begin op Heydendal. ’n Nuwe lewe, ’n nuwe dorp, ’n nuwe naam. Anoniem. Dan stap ’n nuwe man ongenooid by haar lewe in en haar verlede begin haar inhaal.Kriek Kruger wil uitvind wat met sy laatlambroer, Dian, gebeur het. Het hy werklik na sy dood gespring of wil iemand dit na selfdood laat lyk? En wie het daardie verdoemende verslag geskryf wat hom finaal laat knak het? Terwyl Kriek na antwoorde soek en Lula van die spoke in haar verlede vlug, gooi die noodlot hulle saam in ’n opwindende, gevaarlike wentelbaan. Gaan Kriek uitvind wie sy regtig is? En kan ’n mens ooit werklik van jou jouself weg vlug?
ISBN 9780637003018
FORMAT: SAGTEBAND
PUBLISH DATE: 2024-04-01
Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ‘n moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.
Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel.
Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters - die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste 'n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop.
Writer / Skrywer: Chanette Paul
Paperback / Sagteband
Fiction / Fiksie
196 x 129 x 36mm 558pp
Jojo Richter van Siende blind, Raaiselspieël, Ewebeeld en Paaiboelie is terug.
Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ? moederskip van die Pleiade-sterrestelsel. Sy weier egter om weer saam met Irene en Valk te werk, tot ? boogskutter op rolskaatse ? bekende regter vermoor en die vermoede ontstaan dat dit moontlik verband kan hou met die UFO-groep.
Toe sy weer sien, konkel sy saam met Irene agter Valk se rug om die raaisel te probeer oplos. Iets wat haar verhouding met Joachim tot die uiterste beproef.
Vir Ayla is haar verlede ? verleentheid. Nes haar liggaamsbou. Maak nie saak wat sy doen nie, die stigma van haar ma se bewering dat sy ? vlieënde piering gesien het bly net so aan haar kleef soos die groot heupe wat sy by haar ouma oorgeërf het. Sy het egter haar lewe so ingerig dat sy uit die oog kan bly – totdat sy as grafoloog ? handskrif moet ontleed en besef haar suster verkeer in wesenlike gevaar. Jojo Richter sal haar kan help om Nimue op te spoor, maar Jojo werk reeds vir Irene en dis Irene se suster wat vir Nimue gevaar inhou. En Strach Serfontein met sy liederlike handskrif wat integriteit, maar ook misleiding verklap, is nou weer ? ander tameletjie.
ISBN 9780799388947
FORMAT: SAGTEBAND
PUBLISH DATE: 2018-05-01
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie.
ISBN: 9780799394474
Writer / Skrywer: Chanette Paul
Paperback / Sagteband
Publisher / Uitgewer: LAPA Uitgewers
Hoe ontmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir sy wraak te word?
ISBN: 9780799398175
Writer / Skrywer: Chanette Paul
Publisher / Uitgewer: LAPA Uitgewers
Paperback / Sagteband
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar deurgesny is?
ISBN: 9780799398670
Writer / Skrywer: Chanette Paul
Publisher / Uitgewer: LAPA Uitgewers
Paperback / Sagteband
Afslag boekies / Discount books:
SLEGS EEN KOPIE - ‘discontinued’
Dis die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 31 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril – en laat smeek vir nog!
ISBN: 9780799389364
Writer / Skrywer: Fanie Viljoen
Paperback / Sagteband
Die tandjiemonsters hou partytjie tussen sy tandjies en smul heerlik saam. (Sluit Prenteboek DVD in)
ISBN: 9781920475079
Writer / Skrywer: Dr. Reiko
Illustrator / Illustrasies: Eve Tharlet
Paperback / Sagteband
Affiliasies / Affiliations:
-
Saarkie Limited
COURIER
Sending documents between New Zealand and South Africa, small parcels. Applications for South African residents in New Zealand, i.e. SA PCC (Police Clearance). -
Food Sock NZ Limited
ONE POT MEALS
Perfect healthy pre-prep meals for busy families, camping. Don’t exclude the variety of additions to the ‘all in one bag’ to make the meal stretch! -
Turn Left Driving School
DRIVING INSTRUCTOR
A Fantastic oppurtunity for learner drivers to learn how to drive by a DTO (ex- driver testing officer), both English and Afrikaans, from theory to practial - NORTH SHORE -
S A Business Association
BUSINESS SERVICES
Every group of business needs a bit of extra help every so often. From marketing to events to stationery, packaging and advertising, endless oppurtunities. -
PAKKIE VIR SAARKIE S.A
INTERNATIONAL COURIER
Small parcel sending, excess baggage, between NZ and SA. The team is ready to assist with your enquiry for personal items being sent securely. Contact Catherine at:
Tweedehandse
leesstof:
Soms word kinders vinniger tieners en ontgroei kleiner boekies, soms verander lees-smaak en gewoonlik is daar
nie altyd ‘n afset vir voorafgeliefde boekies in redelike toestande nie. NZ ‘opp-shops’ neem soms ander tale as Engels,
en soms land dit in ‘file-13’. Indien jy enige boekies aan Saarkie Stories se 2dehandse gedeelte wil skenk, kom in kontak:
Monica - monica.saarkie.co.nz - 027 277 2081 - Maan-Vry / Mon-Fri: 10AM - 3PM, Sat: 10AM-12PM,
59 Paul Matthews Road, Unit 8, Rosedale, Albany. Ons kan boekies afhaal met ‘n koerier landwyd, of kan in persoon afgelewer word, ons maak ‘n plan!
Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern.
Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak.
Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid. Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het. Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het.
Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto's geneem het. Hy kyk na 'n foto van 'n vrou met 'n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hy die foto gesien het nie, dat die kind dood was.
Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na 'n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto's die verhaal van die Van Wyks agterhaal.
ISBN: 9780624048374
428 PP
Historiese Fiksie